2008/08/06

6 Augustus 1863 : Seegeveg in Tafelbaai tussen die Alabama en die Sea Bride


Op 5 Augustus 1863, die derde jaar van die Amerikaanse Burgeroorlog, het die kruiser Alabama van die Suidelike Konfederasie Tafelbaai vanuit die noordweste binnegevaar. Hierdie oorlogskip, onder kaptein R. Semmes, het tot in daardie stadium 55 skepe van die Noordelike Federasie gekelder.

‘n Federale bark Sea Bride onder kaptein C. White, wat op ‘n handelstog was, het toevallig op dieselfde tydstip as die Alabama Tafelbaai uit die suidooste binnegevaar. Nog voor White se bemanning hul penarie besef het, het die Alabama net na die middaguur op die vyandelike bark losgebrand.

Elke duim van die Sea Bride se seile is onmiddellik voor die wind geplaas in ‘n poging om die neutrale Kaapse gebiedswaters, wat tot ‘n seemyl van die kus gestrek het, te bereik. Dit was tevergeefs, want die wind was te min. die stoomskip Alabama het sonder moeite met netjiese seemans vernuf sy prooi van Tafelbaai afgesny en dit binne sig van ‘n groot groep Kapenaars, wat geesdriftig van die hawe se kant af toegekyk het, oorrompel. Na die skouspelagtige buit van sy 56ste slagoffer is die kruiser die Kaapse hawe binne. Daar is sy naam mettertyd verewig in die volksliedjie Daar kom die Alabama. Aka fak Dok D. SAW

1 comment:

Anonymous said...

Baie interresant - nie geweet dis waar die liedjie vandaan kom nie.