2008/08/06

6 Augustus 1883 : Republiek Stellaland


As gevolg van inboorling onrus by die Transvaalse suidwestelike en westelike grens het Paul Kruger, en Rhodes in Kaapland namens Brittanje, bekommerd geraak dat sake sodanig kan vertroebel dat groot ellende kan uitbreek. Die burgers het egter geweier om nie by die stryd betrokke te raak nie omdat bepaalde swart kapteins aan hulle grond beloof het as hulle hulle inmeng. Van Massouw het hulle dan ook inderdaad ‘n grondstreek ontvang en onder Gerrit van Niekerk ‘n eie republiek, Stellaland, gestig.
Rhodes, toe ‘n Kaaplandse LWV, sir Hercules Robinson, die Britse hoë kommissaris, en sendeling John Mackenzie was erg ontsteld; veral omdat Kruger spoedig die staat by sy Transvaalse gebied wou inlyf. In Mei 1884 het Mackenzie Stellaland onder Britse gesag verklaar en in Julie op Vryburg, die hoofstad, die Britse gesag verklaar en in Julie op Vryburg, die hoofstad, die Britse vlag gehys. Alle partye het egter sy optrede verwerp, want dit het die onrus gevoel op die spits gedryf. Rhodes het hierdie Betsjoeana landgebied immers as die Suezkanaal van Britse binnelandse handel beskou, en sou tot elke prys op die ongeskonde Britse gebruik daarvan aandring.
In September 1884 het Rhodes persoonlik die “vrede” in Stellaland bewerkstellig, maar Kruger het weldra kapteins Moshette en Montsjoa onder sy gesag en beskerming geplaas. Britse proteste het oral opgeklink en veral die Imperial League, onder adv. Leonard het beweer dat Brittanje met hierdie daad deur Kruger bedrieg en bedreig is. Sir Charles Warren is aangestel om met ‘n Britse leër Kruger se optrede te ontkrag.
Kaaplandse politici was hieroor ongelukkig omdat hulle gehoop het om Stellaland en Gosen by die Kaap aangesluit te kry. Dit het Rhodes en Warren teenoor mekaar te staan gebring – en Rhodes het uit protes bedank omdat Warren se oorlogsugtigheid onnodig was, die Afrikaner polities sou vervreem en Kaapland benadeel sou word. Maar Warren en Londen het geglo dat Transvaal en Suidwes, dus Boer en Duitser, geskei moet bly deur Betsjoeanaland veilig onder Britse protektoraatskap te plaas – wat dan ook in 1885 gebeur het.
Transvaal is aan sy westekant ingeperk gehou en Rhodes se Britse handelsroete na die noorde is oopgehou. Die hele optrede in Stellaland en Goosen was deel van die omsingelingsplan van Transvaal en die gevolglike ekonomiese wurggreep op Paul Kruger. Na hierdie gebeurtenisse het Britse imperialisme sprongsgewys toegeneem sodat oorlog in 1899 onvermydelik geword het. prof. dr. M.J. Swart

No comments: