2008/08/21

21 Augustus 1912 : Gelukwense aan genl. Louis Botha


Genl. Louis Botha is in 1912 tot eervolle generaal in die Britse leër bevorder. Dit het tot op daardie stadium nog nooit in die Britse militêre geskiedenis gebeur nie. Vir Botha en vir Suid-Afrika moes dit as ‘n besondere eer gedien het. Lt. –kol, John Seely, as minister van oorlog in die Britse kabinet, en sir John French, wat ‘n Britse generaal in die Engelse Oorlog was, was persoonlik hieroor verheug. Onder bostaande datum het ook lord F.S. Roberts, wat die Britse opperbevelhebber in Suid-Afrika in 1900 se jare was, ‘n brief van gelukwensing aan Botha gestuur. Hierin verwelkom hy Botha as ‘n belangrike toevoeging tot die Britse leër en is hy dankbaar dat hy Botha voortaan ‘n boere-offisier kan noem. Tot dusvêr die gelukwensings. Dit was egter hierdie soort ding wat die getroue Afrikanerdom aan Botha as mede-Afrikaner laat twyfel het. Daarom het hulle hom ook polities algaande verlaat en saam met genl. Hertzog binne sy politieke beginsels hulle kulturele, maatskaplike en staatkundige Afrikaner ideale nagestreef. aka fak M.J.S

No comments: