2008/08/20

20 Augustus 1892 : Transvaal National Union


Die Uitlanders se baie griewe het uitgeloop op die totstandkoming van politieke organisasies wat hulle belange behartig het. So is daar in 1890 ‘n politieke beweging onder die naam “Political Reform Association” gestig. Dit het egter later doodgeloop. Op 20 Augustus 1892 is daar toe onder voorsitterskap van J. Tudhope ‘n groot Uitlander vergadering in Johannesburg gehou. By die geleentheid is die “Transvaal National Union” gestig. Die verklaarde doel van die organisasie was: die handhawing van die onafhanklikheid van die Republiek, die verkryging van gelyke regte langs konstitusionele weë en die bevrediging van alle griewe. Hierdie politieke beweging was baie giftig teenoor die Afrikaner en pres Kruger en sy eintlike oogmerk was die vernietiging van die Republiek. HOT

No comments: