2008/08/22

22 Augustus 1650 : Here XVII besluit om verversingspos aan Kaap te stig


Hierdie besluit het gelei tot die vestiging van die blankes in Suid-Afrika. Verskeie geografiese en politieke faktore het gelei tot hierdie belangrike besluit. Vir die handelskepe van die VOC op hul maande lange seereise na die Ooste was ‘n verversingspos ‘n vereiste. So ‘n verversingspos was nodig vir die inneem van vars water, groente en vrugte en kon aan die siek en vermoeide seevaarders ‘n kans bied om uit te rus en te herstel. Aangesien die seilskepe verplig was om van di heersende winde gebruik te maak, was Tafelbaai die aangewese plek vir so ‘n “halfwegstasie”.

Lank voor 1650 het Nederlandse vlote Tafelbaai gebruik om vars water in te neem en slagvee van die Khoi te ruil. Ook het die Engelse handelsvlote die baai gebruik, en in 1619 het die twee handelsmaatskappye daaraan gedink om ‘n gesamentlike verversingspos daar te stig. Vanaf 1923 het die Engelse vlote meer begin handeldryf met Indië en minder na die Oos-Indiese eilande geseil. Vir die Nederlanders het /Tafelbaai egter belangriker geword toe St. Helena-eiland se voorraad varke deur wildehonde uitgeroei is. Intussen het betrekkinge tussen Engeland en Nederland teen die middel van die sewentiende eeu so begin versleg dat daar vir oorlog gevrees is.

Die Nederlandse maatskappy het besef dat hy die engelse moet voorspring en die strategiese Tafelbaai moet beset. In Maart 1647 het ‘n Nederlandse skip die Haarlem in Tafelbaai gestrand. Die bemanning het gelukkig die strand bereik en het daarin geslaag om voorrade van die skip te berg, maar hulle moes feitlik ‘n hele jaar hier vertoef. Tydens hul verblyf is groente tuintjies aangelê, wild gejag en vee van die Khoi geruil. Selfs ‘n fortjie is as verblyfplek gebou. Hierdie geval het die Here XVII beweeg om ernstige aandag aan ‘ permanente verversingspos te gee. Die bevelvoerder van Haarlem is gevra om ‘n verslag op te stel. Die verslag wat deur Janszen en Proot onderteken is, was so gunstig dat die Here XVII besluit het om die verversingspos te stig. aka fak JAH

No comments: