2008/08/17

17 Augustus 1848 : Andries Pretorius voëlvry verklaar


Die proklamering van die Oranjerivier-soewereiniteit in 1848 was vir die Trekkers en veral vir die Winburgers onaanvaarbaar. Hulle het ‘n beroep om hulp by Andries Pretorius gedoen. Hy moes sy siek vrou alleen laat en Pretorius het hom na Winburg gehaas. Baie ontevredenes het hulle by hom aangesluit. T.J. Biddulph, die Britse resident-kommissaris op Winburg, het sy pos verlaat en na Bloemfontein gevlug terwyl die Boere landdros W.H. Jacobsz sake daar oorgeneem het. Pretorius en die Boere-kommando het na Bloemfontein opgetrek waar die Britse magte onder majoor Warden oorgegee het. Britse onderdane was die geleentheid gebied om na die Kaapkolonie uit te wyk. ‘n Manifes waarin die griewe van die Trekkers in die Transoranje uiteengesit is, is gepubliseer. Onmiddellik nadat Harry Smith Warden se verslag ontvang het, het hy ‘n proklamasie (22 Julie) uitgevaardig waarin hy ‘n prys van £1 000 (R2 000) op Pretorius se kop geplaas het. ‘n Week later het hy met ‘n leërmag van ongeveer 1 200 man na Bloemfontein opgeruk. By Boomplaats het die Boerekommando vir Harry Smith ingewag. Pretorius se kommando is verslaan en teruggedryf. Harry Smith het die prys op Pretorius se kop verdubbel en Pretorius het oor die Vaalrivier na Grootplaas teruggekeer. Hierdie optrede van Pretorius het tot hernieude onenigheid tussen hom en Hendrik Potgieter gelei. Prof P.J. Van der Merwe

No comments: