2008/08/13

13 Augustus 1838 : Zoeloes val Veglaer aan


Na die slag by Italeni en die mislukte strafekspedisie onder leiding van Cane, Biggar en ander teen Dingaan in April 1838, het die Natalse Voortrekkers in twee laers saamgetrek – een aan die Tugelarivier en die ander aan die Boesmans rivier, naby Estcourt, wat later as Veglaer bekend sou word. Op 13 Augustus 1838 het sowat tien Zoeloe-regimente Veglaer aangeval en drie dae lank vasbeslote probeer om die laer te oorweldig. Die rotsvaste verdediging van die klein klompie Voortrekkers, gelei deur Jacobus Potgieter en Hans de Lange, het egter gehou. Die verdediging van die laer is aansienlik versterk deur die kanon Ou Grietjie en hulp wat van Maritz se laer opgedaag het. Hoewel daar aan Voortrekkerkant geringe lewensverlies was – slegs een Voortrekker het gesneuwel teenoor ‘n groot aantal Zoeloes – is feitlik al die vee van die Voortrekkers deur hulle aanvallers weggevoer. Na die slag het die Trekkers Veglaer verlaat en het die meeste hulle by die laer van Gerrit Maritz aangesluit. G.J. Jooste

2 comments:

Anonymous said...

Hi Roosmaryn!
Ek hoop dit gaan nog goed hier met jou! Ek het heelwat inligting hier kom bedel vir my possie oor die GRA 14Aug! Dis mos "Afrikaanse" dag! lekker dag vir jou...jy kan kom loer wat ek alles hier by jou gegaps het! ;)

RoosMaryn said...

Nikita!! Lanklaas gesien, maar ek pleit net so skuldig. Natuurlik mag jy, jy weet mos. Ek gaan sommer gou gou inloer daar by jou.