2008/08/01

1 Augustus 1936 : SAUK


Die SAUK het tot stand gekom met die aanvaarding van die Uitsaaiwet (Wet 22 van 1936) op
1 Augustus 1936. Volgens die oorspronklike bewoording van die wet was die oogmerke van die Korporasie:
“ a) om ‘n uitsaaidiens binne die Unie voort te sit; en
b), om onderhewig aan die goedkeuring van die Goewerneur-generaal, ‘n televisiediens binne die Unie voort te sit, sowel as enige onderneming wat ondergeskik is aan die bedoelde uitsaai- of televisiediens.”

Voorts is bepaal:
Programme is aanvanklik net in Afrikaans en Engels uitgesaai, maar op 1 Mei 1950 is ‘n derde program diens, die tweetalige Springbok radio, ingestel. Intussen het die behoefte aan ‘n uitsaaidiens vir die Nguni- en die Sotho bevolking groter geword en op 1 Augustus 1952 is ‘n rediffusiediens in drie tale vir swartes na dorpe wes van Johannesburg herlei. Ten einde beter ontvangs vir luisteraars te verskaf en meer kanale vir uitsendings te open, is in 1960 begin met die beplanning van ‘n omvattende FM-netwerk. Die eerste FM-uitsendings vind plaas op Kersdag 1961 van die SAUK-toring in Johannesburg. FM het bykomende uitsaai kanale verskaf sodat daar afsonderlike program dienste in die verskillende tale vir swartes ingestel kon word. In September 1964 is die eerste streekdiens, Radio Hoëveld, oor die eter in Johannesburg gehoor, gevolg deur Radio Goeie Hoop in Kaapstad in Julie 1965 en Radio Port Natal in Mei 1967 in Durban. Op 13 Oktober 1975 het Radio 5, voorheen LM-Radio, vir die eerste keer vanuit Johannesburg uitgesaai. Teen die einde van Julie 1979 was daar reeds 98 FM-sendstasies in Suid-Afrika in werking en kon die hele bevolking op FM-uitsendings inskakel. Die Buitelandse Diens in tien tale is in Mei 1966 ingestel. Hierdie dienste staan bekend as Radio RSA. Op 15 Desember 1969 stel die Regering ‘n Kommissie van Ondersoek aan om oor die moontlike instelling van ‘n televisiediens verslag te doen. Op 5 Januarie 1976 het die televisiediens amptelik begin. Dr. P.J. Meyer

No comments: