2008/07/30

30 Julie 1903 : Afrikaans-Nederlandse literatuur oor die “Engelse Oorlog”


Dit is besonder opmerklik hoeveel literatuur in Afrikaans-Nederlands kort na afloop van die Anglo Boereoorlog verskyn het. Terwyl sommige boeke hoofsaaklik die klem op die gebeure van die oorlog laat val het, het andere weer die leiers van die oorlog beskryf. ‘n Derde groep skrywers het weer die wyse waarop die oorlog die menslike lewe ontwrig het, aangetoon. In De Zuid-Afrikaan van 30 Julie 1903 verskyn ‘n aankondiging van boeke wat verteenwoordigend is van wat in Afrikaans-Nederlands in daardie tyd verskyn het. Uit die pen van L. Penning verskyn Verdedigers en Verdrukkers der Afrikaander Vryheid wat bestaan uit vyftien karaktersketse van die vernaamste leiers van die Republikeinse en Britse magte. In ‘n twintigtal sketse met die titel Alles sal rech kom beeld P.J. Klapers onder andere die oorlogsveld uit asook die lewe in die konsentrasiekampe. Terwyl ds. P.J. Perold van Warrenton ‘n krygsgevangene was, het hy begin werk aan ‘n gedig wat hy De Weduwe of Tafereelen uit den Engelschen Oorlog genoem het. In die gedig is beskryf hoe die huislike geluk van ‘n gesin heeltemal deur die oorlog vernietig word. G.J. Jooste

No comments: