2008/06/16

1953 : Junie 16 Geskiedenis Spoor Vandag: Klipfontein steenkoolmyn


Federale Mynbou Beperk gestig
16 Junie 1953


Federale Mynbou Beperk, die eerste Afrikaanse mynfinansierings- en eksplorasiemaatskappy, is deur Federale Volksbeleggings en Bonuskor gestig nadat FVB reeds in 1943 finansiering verskaf het vir die Klipfontein steenkoolmyn, ‘n pioniers onderneming van die broers Jacques en Wentzel du Plessis. Die maatskappy is met ‘n aanvanklike kapitaal van R120 000 gestig, met as die eerste direkteure dr. W.B. Coetzer (voorsitter0, dr. M.S. Louw en menere, G.J. van Zyl, C.H. Brink en P.R. Rörich. Federale Mynbou se bedrywighede het aanvanklik grootliks steenkoolontginning behels, maar die goudmynbedryf sou vroeër of later betree moes word om die maatskappy se ontwikkeling tot volwaardige mynhuis te verwesenlik. Voor 1960 is met oorname ondersoeke begin totdat ‘n belang in 1963 in General Mining and Finance-korporasie verkry is – ‘n belang wat in Januarie 1965 tot effektiewe beheer gelei het. In 1976 het nog ‘n groot mynhuis, Union Corporation, ‘n filiaal van General Mining geword, met Federale Mynbou as die uiteindelike houermaatskappy. FAK

No comments: