2008/06/16

1901 : Junie 16 Geskiedenis Spoor Vandag: Afrikaanse liedere


Betsy de la Porte gebore
16 Junie 1901

Elizabeth (Betsy) de la Porte was een van Suid-Afrika se grootste sangkunstenaars wat haar besonder onderskei het as uitvoerder van Afrikaanse liedere. Sy was een van die eerste Suid-Afrikaanse sangers wat in 1924 uitgesaai het, en sy het daarna in Londen en München gaan studeer. Deur baie jare heen het sy ‘n suksesvolle internasionale sangloopbaan gehad en saam met sommige van die beroemdste dirigente en komponiste opgetree. Talle Afrikaanse liedere is spesiaal vir haar geskryf of aan haar opgedra, en haar sangkuns was ‘n aansporing vir die skepping van sommige van die beste Suid-Afrikaanse sang werke. Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns het ‘n Erepenning vir Sang aan haar toegeken. Sy is op 19 Augustus 1977 in Johannesburg oorlede. aka fak A.C.H.

No comments: