2008/06/16

1965 : Junie 16 Geskiedenis Spoor Vandag: Normaal- en Politegniese Kollege


Bloemfonteinse Onderwyserskollege los van UOVS
16 Junie 1965


Na aanbevelings van dr. John Brebner aan die Vrystaatse Volksraad, word die Normaalskool op 12 Oktober 1898 met mnr. P.J. du Pre le Roux as hoof geopen. Na die Engelse Oorlog heropen die “Normal School” op 1 Augustus 1902 met mej. E.M. Firks as hoof. In 1912 word die Kollege herdoop tot die Normaal- en Politegniese Kollege, maar toe die huidige hoofgebou op 8 Februarie 1916 betrek is, is die politegniese gedagte laat vaar.

Afrikaans word vanaf 1919 gedoseer, en as onderrigmedium word dit onder rektorskap van dr. C.F. Visser (1929 tot 1942) ingevoer. Op 6 Desember 1944 word die Normaalkollege die “Fakulteit van Opvoedkunde”, en in 1951 word die kollege herdoop tot die Onderwyserskollege van die UOVS. Losmaking van die UOVS vind op 16 Junie 1965 plaas en die naam Bloemfonteinse Onderwyserskollege word aanvaar. FAK

No comments: