2008/06/03

1942 : Junie 3 Geskiedenis Spoor Vandag: Die verlede herleef


Oproep om Krygsherinneringe te boekstaaf
3 Junie 1942

In ‘n sterk hoofartikel op hierdie dag steun Die Transvaler ‘n hernieude oproep van dr. E.G. Jansen dat die herinneringe van die Boerekrygers in die Engelse Oorlog op skrif gestel moet word. Die blad wys daarop dat herhaalde versoeke in die verband op dowe ore geval het, en dat “die behoefte aan lektuur oor die oorlog met die dag groter word”. Kort daarna (in 1943) het ds. E.C. Anderssen van Johannesburg sy boekie Die verlede herleef die lig laat sien. FAK

No comments: