2008/06/03

1953 : Junie 3 Geskiedenis Spoor Vandag: Musiektalent


Prof. Maria Fismer oorlede
3 Junie 1953


Maria van der Lingen Fismer (nooiensvan Von Wielligh) is op 7 Julie 1889 in die Paarl gebore as die tweede kind van die bekende Afrikaanse skrywer G.R. van Wielligh. Haar musiektalent het sy van haar moeder gekry, wat ‘n dogter was van die bekende musikus Jan S. de Villiers (Jan Orrelis) en ook ‘n kleindogter van die ewe bekende ds. G.W. van der Lingen, albei van die Paarl. Na ‘n baie suksesvolle loopbaan as musiek pedagoog op Robertson en op Stellenbosch word sy in 1939 die eerste volle professor van musiek aan die Universiteit van Stellenbosch, ‘n pos wat sy met eer beklee tot by haar aftrede in 1951 weens swak gesondheid. Sy is waarskynlik die dame wat die grootste invloed uitgeoefen het op die musiekonderwys in Suid-Afrika. In 1952 word sy deur die SA Akademie bekroon met ‘n erepenning vir musiek en deur die Universiteit van Stellenbosch met ‘n ere-doktorsgraad. Prof. dr. G.G Cillie

No comments: