2008/06/03

1865 : Junie 3 Geskiedenis Spoor Vandag: Bloedrivier


ZAR stel Dingaansdag in
3 Junie 1865


Dit is oorbekend dat die oorwinning by Bloedrivier op Sondag 16 Desember 1838 behaal is. Op dieselfde dag is ‘n dankdiens gehou. Vroeg in 1839 is geld vir die bou van ‘n Geloftekerk ingesamel. Die kerk is in Pietermaritzburg opgerig. Die viering van die dag is van die begin af verwaarloos. Slegs enkele huisgesinne het die afspraak met God nagekom. In 1847 byvoorbeeld het die Volksraad van Lydenburg op daardie dag gesit en het niemand na die historiese feit verwys nie. Met die Transvaalse broedertwis in 1864 uit die weg geruim en vanweë die groter mate van gevestigdheid, het die Boere egter besef dat hulle die Gelofte moet nakom. Onder leiding van die Natalse NG Kerk is sedert 1864 begin om die Geloftefees op die historiese terrein te vier. Ds. Frans Lion Cachet het die voortou hiermee geneem. Die voorbeeld het deurgewerk. Die Uitvoerende Raad van die ZAR het op 3 Junie 1865 bepaal dat 16 Desember voortaan as Dingaansdag ‘n openbare vakansiedag sou wees, wat soos ‘n dankdag met dienste deurgebring behoort te word. Hieruit het ook verspreide dankfeeste gevolg, maar dit was op klein skaal; dit is dikwels verwaarloos en was beslis geen georganiseerde volks byeenkomste nie. aka fak M.J.S

No comments: