2008/06/05

1918 : Junie 5 Geskiedenis Spoor Vandag: Agterstand van die Afrikaner?


Afrikaner-Broederbond gestig
5 Junie 1918


Die Afrikaner-Broederbond is deur ‘n groep jong Afrikaners in Johannesburg gestig. Die aanleidende oorsaak daartoe was die geweldige agterstand wat die Afrikaner op byna alle lewensterreine ervaar het en die onsekerheid wat uit die Engelse Oorlog, die Eerste Wêreldoorlog en die Rebellie voortgespruit het. Dit is ‘n vertroulike kulturele organisasie wat getrag het, om die beste in die Afrikaanse volk te verteenwoordig en te dien. Dit bestaan uit Afrikaanssprekendes van Protestantse geloof.

Daar word van die lede verwag om ‘n onbaatsugtige diens te lewer en om geen beloning of eer vir die volksdiens te verwag of te soek nie. Die organisasie het hom ten doel gestel om ‘n vooruitstrewende eensgesindheid onder alle Afrikaners te bewerkstellig en om die Afrikaanse tradisies en kultuur op elke lewensterrein uit te bou en te bevorder. FAK

No comments: