2008/06/05

1928 : Junie 5 Geskiedenis Spoor Vandag: Yskor


Yster- en Staalnywerheidwet aanvaar
5 Junie 1928


Met die aanvaarding van die Yster- en Staalnywerheidswet (Wet nr. 11 van 1928) het die Nasionale Regering van genl. J.B.M. Hertzog statutêr die weg gebaan vir die totstandkoming van die Suid-Afrikaanse Yster- en Staalindustriële Korporasie Beperk (Yskor). Die doel was om yster en ‘n reeds staalprodukte uit inheemse grondstowwe te produseer en Suid-Afrika selfstandiger te help maak. Dit het veral aan die Afrikaner nuwe arbeidsgeleenthede gebied in ‘n stadium toe baie Afrikaners in moeilike ekonomiese omstandighede in geldelike nood was. Daar is in 1934 in Pretoria met produksie begin, en in net vyftig jaar het Yskor met bykomende aanlegte op Vanderbijlpark in Transvaal en Newcastle in Natal gegroei tot die magtigste nywerheidsreus in Suid-Afrika, met ‘n jaarlikse produksie van 6 miljoen ton, ‘n batesyfer van R1 900 000 000 en meer as 60 000 werknemers in 1979. FAK

No comments: