2008/06/05

1893 : Junie 5 Geskiedenis Spoor Vandag: Renaissance-boustyl


Vierde Raadsaal van die Vrystaatse Republiek ingewy
5 Junie 1893

Die Volksraad van die Republiek van die Oranje-Vrystaat het om 10h00 in die derde Raadsaal in die Ou Goewermentsgebou byeengekom en is vandaar in ‘n optog na die nuwe Raadsaal. Die optog is gevolg deur die Artillerie-orkes. Na die opening het die gehoor met groot geesdrif die Vrystaatse volkslied gesing. Die vierde Raadsaal is die juweel in die Vrystaatse boukuns. Dit is gebou in die Renaissance-boustyl: die Griekse en Romaanse boustyle gee die indruk van ‘n monument. Dit is veral waar van die trotse en dominerende vooraansig. Grieks is die trappe, die portiek, die wyse suilgange voor en aan weerskante van die saal, die gegroefde suile met hulle Ioniese kopstukke, die fries, die pediment en die kroonlys. Op die Griekse onderbou rus die Romeinse koepel met sy agt boogvormige openinge, die lantern motief en vlagpaal. Die interieur van die Raadsaal pas aan by die gebou – ook die meublement. Aka fak P.J.N

No comments: