2008/06/10

1898 : Junie 10 Geskiedenis Spoor Vandag: Jeugboeke


Sita (mev. S.S. de Kock) gebore
10 Junie 1898


Sara Susanne de Kock (geb. Bosman) is ‘n Wes-Transvaler van geboorte, wat haar skoolopleiding op Potchefstroom voltooi het. Haar eerste pennevruggie het op 24 Maart 1924 verskyn. Tien jaar lank is sy redaktrise van die kinderdeel van Die Brandwag en dien daarna in die redaksies van verskillende tydskrifte. Meer as honderd boeke het uit haar pen verskyn, waaronder talle romans, jeug- en kinderboeke, kortverhale, novelles, genealogiese werke, toneelstukke, operettes, ens. Twee van haar jeugboeke Bennie-Boet en Janette is met die Scheepersprys vir jeuglektuur bekroon. Sy het ook verskeie tekste vir operettes geskryf wat deur die befaamde Vlaamse komponis Armand Preud’homme getoonset is. FAK

No comments: