2008/06/10

1909 : Junie 10 Geskiedenis Spoor Vandag: Asaf-koor


Christelike sangvereniging ASAF in Pretoria gestig
10 Junie 1909

Hierdie vereniging kom tot stand deur die ywer van dr. S.O. Los, wat in 1908 as predikant van die Geref. Kerk Pretoria bevestig is. Dit word gestig op 10 Junie 1909 onder leiding van die orrelis Petrus van den Burg, wat ook optree as direkteur van die koor. Die lede van die koor was almal uit die Hollands-Afrikaanse gemeenskap afkomstig. Volgens resensies in De Volkstem het die Asaf-koor ‘n hoë peil in sy optredes gehandhaaf en is hy goed deur die publiek ondersteun. Die laaste optrede op 7 April 1926, was ‘n uitvoering van die Elia van Mendelssohn, waarna die vereniging ontbind is aka fak P.G.N

No comments: