2008/06/08

1897 : Junie 8 Geskiedenis Spoor Vandag: Hoeksteenlegging


Pres. Kruger lê hoeksteen van Paleis van Justisie
8 Junie 1897


Die hoeksteenlegging van die Paleis van Justisie aan die noordekant van Kerkplein het op ‘n aanskoulike wyse uitdrukking gegee aan die bedoeling van die republikeinse owerheid met die Kerkplein. Destyds was daar ‘n behoefte aan die oprigting van ‘n ewe waardige en stylvolle staatsgebou in Italiaanse Renaissance-boutrant reg teenoor die “Staatsgebouw” en skuins teenoor die toring kerkgebou op die middelpunt van die Kerkplein. Sodoende kon die balans tussen twee kante van die westelike helfte van die Kerkplein en sy middelpunt verkry word. met die totstandkoming van die Paleis van Justisie, sou die band tussen Kerk en Staat en terselfdertyd tussen die wetgewende, administratiewe, regsprekende en ekonomiese aktiwiteite van die ZAR op die Kerkplein versinnebeeld word.

No comments: