2008/06/18

1891 : Junie 18 Geskiedenis Spoor Vandag: As gode fluister


Dr. S.J. du Toit gebore
18 Junie 1891


Stephanus Johannes du Toit was nie net ‘n bekende in onderwyskringe nie, maar het ook met verskeie werke naam as skrywer gemaak. Hy is in die distrik Boshof gebore en gaan vir die eerste keer op 12-jarige ouderdom skool toe. Hy matrikuleer in 1910 aan die Grey-kollege en behaal drie jaar later die graad BA aan die GUK – en mettertyd ‘n MA in Nederlands en Engels. In 1920 vertrek hy na Europa, waar hy die doktorale eksamen in die Nederlandse taal- en letterkunde met lof aan die Universiteit van Amsterdam aflê. Daarna promoveer hy met ‘n proefskrif oor die Afrikaanse volkspoësie. Hy word onderwyser, skoolhoof, inspekteur en in 1945 hoofinspekteur van onderwys in die Vrystaat. Na sy aftrede werk hy in die woordeboek kantoor op Stellenbosch. Onder sy werke is daar As gode fluister of Die verhaal van die Wolsungs (1944) en Feaciese nagte (1905). Hy is op 10 Julie 1972 oorlede. aka fak H.J.E

No comments: