2008/06/18

1795 : Junie 18 Geskiedenis Spoor Vandag: Nasionale Konvensie


Opstand in Swellendam
18 Junie 1795


Die beginsel van ‘n eie Afrikaanse republikeinse strewe en vryheid gevoel kan teruggevoer word trot die Kaapse Patriotte en die opstande te Graaff-Reinet en Swellendam. Die Kompanjie was teen 1790 op die rand van bankrotskap en die ekonomiese posisie van die burgers was haglik. ‘n Gees van verset het by die Swellendamse grensboere posgevat. En op 17 en 18 Junie 1795 het ‘n sestigtal gewapende burgers onder hul self verkose “Nasionale Kommandant”, P.J. Delport, die drosdy van Swellendam beset en landdros A.A. Faure met sy assistente gedwing om hul ampte neer te lê. Nuwe ampsdraers is in hul plekke aangestel met Hermanus Steyn as Nasionale Landdros. As hoogste bestuursliggaam, is ‘n Nasionale Konvensie (Vergadering) ingestel met Hermanus Steyn as President (in die sin van ‘n voorsitter). Die beginsel van volksverteenwoordiging en volksoewereiniteit het geseëvier. Hoewel die gesag van die Kompanjie afgeskud is, is daar geen onafhanklike republiek uitgeroep nie, maar het hulle direk onder die vrye Nederlandse Republiek geressorteer. Brittanje beset egter die Kaap in September 1795, en die Swellendammers onderwerp hulle sonder meer aan die nuwe bewind. H.O. Terblanche

No comments: