2008/06/01

1891 : Junie 1 Geskiedenis Spoor Vandag: Pres. Kruger vaardig verbod teen trek uit


Adendorff-trek begin
1 Junie 1891


Die sogenaamde Adendorff-trek na Banjailand (suidelike Rhodesië) sou op die dag begin het. Die trek was ‘n uitvloeisel van kontak op godsdienstige terrein en die jagveld tussen Transvaalse Boere en die Sjonas noord van die Limpoporivier. Reeds in 1880 is Transvalers uitgenooi om die Banjais teen die aggressiewe Matebeles te beskerm. Eers Augustus 1890 is ‘n grond konsessie onderteken, terwyl Rhodes se British South African Company Masjonaland beset het. ‘n Trek na Banjailand is vir 1 Junie 1891 gepropageer. Aangesien ‘n besetting van Banjailand Masjonaland van die suide sou afsny, het Rhodes diplomatieke kragte teen die ZAR ingespan, alle Limpoporivier deurgange bewaak en Britse soldate na Botswana verskuif. Pres. Kruger, wat Britse steun vir ‘n Swaziland-oorname begeer het, het ‘n amptelike verbod teen die trek uitgevaardig. Op 24 Junie het 110 trekkers tog by Floris drif (naby Messi8na) opgedaag, waar dr. L.S. Jameson hulle namens die BSAC toegang tot Rhodesië geweier het. Amptelike besware is deur die trekkers ingedien en, in samewerking met die Kaapse Afrikanerbond, ‘n geregtelike ondersoek na die wedersydse grond aansprake van die trekkers en Rhodes aangevra. Britse voorwaardes vir so ‘n ondersoek het neergekom op trekker kapitulasie, al sou hulle aansprake die enigste geldige wees. Die gebeurtenis was die eerste groot Afrikaner nasionale saamtrekking teen Rhodes se imperialisme. Afrikaners sou ook voortaan slegs tot Rhodesië toegelaat word as hulle uitdruklik die Britse gesag sou aanvaar. Aka fak J.L.H

No comments: