2008/06/01

1773 : Junie 1 Geskiedenis Spoor Vandag: Held Woltemade


Wolraad Woltemade verdrink
1 Junie 1773


Wolraad Woltemade, wat in 1708 in Hesse-Schaumberg gebore is, is ‘n simbool van die heldegees in ons geskiedenis. Toe Die Jonge Thomas op hierdie dag by Soutrivier in Tafelbaai strand, het Woltemade met sy perd sewe maal deur die reuse golwe gery en elke maal twee van die opvarendes gered. Die agste maal het hy en sy uitgeputte perd verdrink. Wolraad Woltemade is mettertyd op verskeie wyses vereer. ‘n Skip van die VOC is onder meer Die Held Woltemade genoem, verskeie voorstellings van die heldedaad is deur bekende kunstenaars gedoen, ‘n monument is vir hom opgerig, ‘n voorstedelike stasie is na hom genoem en die hoogste dekorasie vir dapperheid binne en buite Suid-Afrika aan ‘n burgerlike is na hom genoem. Die medalje het die ou “SA King’s medal for bravery” vervang. W.J.G.L.

No comments: