2008/06/03

1839 : Junie 3 Geskiedenis Spoor Vandag: Eerste Sendeling


Eerw. S.J.G. Hofmeyr gebore
3 Junie 1839


Stephanus Johannes Gerhardus Hofmeyr is in Kaapstad gebore. Hy is in die skool Tot Nut van’t Algemeen en die SA Athenaeum in Kaapstad opgelei. Daarna het hy verskeie soorte werk gedoen, totdat hy by Prins Albert gaan boer het. Daar kom hy tot bekering. Hy word in Stellenbosch opgelei in godsdiensonderwys. Daarna gaan hy na die Soutpansberg om ds. A.McKidd met sendingwerk by te staan. Kort daarna sterf ds. McKidd, en eerw. Hofmeyr moet die werk oorneem. In 1866 word hy deur die Kaapse Sinode as sendeling toegelaat. Hy was die eerste sendeling wat deur die Kaapse Kerk buite sy grense gestuur is om sendingwerk te doen. Hy beywer hom ook vir sending onder die Vakaranga in Rhodesië en word die stigter van die sendingwerk aldaar. Later het ds. A.A. Louw dit voortgesit. Hy word ‘n omstrede figuur, omdat hy as sendeling onder blankes werk, maar die NG Kerk ondersteun hom. Hy is op 26 Julie 1905 op die Sendingstasie Kranspoort oorlede. aka fak F.C.F

No comments: