2008/06/26

1860 : Junie 26 Geskiedenis Spoor Vandag: “Cape Town Railway and Dock Company”


Eerste spoorlyn in SA geopen
26 Junie 1860


Op hierdie dag is die eerste spoorbaan in SA vir verkeer oopgestel. Die lyntjie was 3 km lank en het van die Punt na Durban geloop. Dit was die werk van ‘n private maatskappy, die Natal Railway Company. ‘n Tweede spoorlyn, van Kaapstad na Wellington, is in 1863 in gebruik geneem. Die was 91 km lank en is ook deur ‘n private onderneming, die Cape Town Railway and Dock Company, opgerig. Tot en met die ontdekking van diamante en goud was spoorweg ontwikkeling traag en moeisaam. Hierna het spoorwegbou egter baie snel toegeneem. Vandag beslaan die spoorbane van die RSA ‘n afstand van 22 288 081 km. So het uit ‘n klein begin ‘n reusagtige bedryf ontwikkel. Spoorbane het vir die SA van die 19de eeu drastiese veranderinge beteken. Voor die tydvak van spoorweë en spoorverbinding was kommunikasie beperk. Verbinding het per ossewa geskied. Laasgenoemde was uit die aard stadig en moeilik. Spoorweë het dit alles verander: mense en gebiede is in ‘n versnelde mate nader aan mekaar gebring. Die RSA van vandag is ondenkbaar sonder die SA Spoorweë. Dit vorm die basis vir verbinding, kommunikasie en vir die ekonomie. Vir die Boerebevolking van die 19de eeu was die koms van die ysterperd op spoorstawe aanvanklik rampspoedig, ‘n ekonomiese terugslag. Dit het naamlik die einde beteken van transportryery – ‘n bedryf waaruit baie boere ‘n ekonomies gesonde bestaan gemaak het – en sodoende ook van die wamakersbedryf wat uitsluitlik in Boere hande was. Aka fak J.St. E.P

No comments: