2008/06/06

1652 : Junie 6 Geskiedenis Spoor Vandag: Sieketrooster


Eerste blanke kind aan die Kaap gebore
6 Junie 1652

Bernert Willemsz Wijlant was die eerste blanke kind wat aan die Kaap gebore is. Omdat sy moeder swanger was, was sy ouers ook die eerste bewoners van die Kasteel. As sieketrooster was sy vader verantwoordelik vir die geestelike welsyn van die gemeenskap en as sodanig het hy Sondae, in die afwesigheid van ‘n predikant, ‘n preek uit ‘n preek boek voorgelees, saans na ete ‘n gebed gedoen en enkele verse laat sing, die kategese vir die jeug behartig, siekes besoek en hulle in hulle beproewing bygestaan en ander pastorale werk verrig. Hy kon egter nie die sakramente bedien en huwelike kerklik bevestig nie. aka fak P.S.d.J

No comments: