2008/06/06

1898 : Junie 6 Geskiedenis Spoor Vandag: Boerebystandswet


Oud-staats pres. J.J. Fouche gebore
6 Junie 1898


Johannes Jacobus (Jim) Fouche is op Wepener, OVS gebore. Hy ontvang sy skoolopleiding op Rouxville en aan Grey Kollege en later aan die Hoër Jongenskool in die Paarl. Hy studeer verder aan die Universiteit van Stellenbosch. Gedurende die droogte van 1933 beywer hy hom vir ‘n hulpskema vir die boere, en na samesprekings met genl. Hertzog en minister Havenga, word die Boerebystandswet deur die Parlement geloods. In 1933 voer Jim Fouche sy eerste benoemingstryd vir die provinsiale setel Smithfield. In 1941 verslaan hy mnr. K. Pansegrouw, kandidaat van die Afrikanerparty, in die kiesafdeling Smithfield met 797 stemme. Vanaf Januarie 1951 tot Desember 1959 beklee hy die pos as Administrateur van die OVS. Hy bedank in Desember 1959 om die portefeulje van Verde4diging in die Verwoerd-kabinet te aanvaar. Die portefeulje Landou-Tegniese Dienste en Waterwese word op 5 April 1966 aan hom opgedra. In 1965 is hy eenparig as leier van die Nasionale Party in die Vrystaat verkies. Op 1 Februarie 1968 word hy verkies tot tweede Staatspresident van die Republiek van Suid-Afrika. Hy beklee hierdie amp totdat hy in 1975 deur dr. N. Diederichs opgevolg word. aka fak O.G

No comments: