2008/06/06

1488 : Junie 6 Geskiedenis Spoor Vandag: Klip kruise


Dias seil om die Kaap
6 Junie 1893


Die Portugese seevaarder, Bartolomeu Dias, se triomfantlike reis om die suidpunt van Afrika het bykans sewentien maande geduur. (Julie 1487 tot Desember 1488). Dias het nie alleen sowat veertienhonderd myl nuwe kuslyn ontdek nie, maar sy grootste prestasie lê daarin dat die suidpunt van Afrika vir die eerste keer omseil is en dat die seeweg na die Indiese Oseaan ontdek is. Hy maak dus Suid-Afrika aan Europa bekend. Dias plant ook twee klipkruise as die eerste Europese Christelike bakens op Suid-Afrikaanse bodem: by Kwaaihoek naby Boesmansriviermond in Maart 1488 en in die omgewing van Kaappunt op 6 Junie. Die naam Kaap van Goeie Hoop is van Dias afkomstig. Aka fak H.O.T

No comments: