2008/05/03

1962 : 30 April Geskiedenis Spoor Vandag : Afrikaanse Radiodiens


30 April
1962
Dr. M.P.O. Burgers oorlede


Marius Philip Olivier Burgers, gebore op 232 April 1909, het letterlik in die tuig gesterf. Hy is agter die mikrofoon oorlede, terwyl hy besig was om ‘n huldeblyk aan wyle Pieter de Waal op te neem. Sy eerste kennismaking met die radio was in 1924, toe hy ‘n opstel wedstryd oor Die gebruik en Waarde van die Draadloos gewen het. Na voltooiing van sy studie aan die Universiteit van die Witwatersrand is hy in 1930 aangestel as deeltydse tweetalige omroeper. Hy was een van die eerste heeltydse omroepers van die Afrikaanse Radiodiens. Tot sy afsterwe was hy streekbestuurder van die SAUK in Wes-Kaapland. Hy was ook ‘n kenner van die Engelse taal en het jare lank die rubriek Knap u Engels op op Donderdae in die Afrikaanse Radiodiens aangebied. Sy MA-verhandeling het oor die Afrikaanse taal reus Langenhoven gehandel. Aka fak D.E

No comments: