2008/05/03

1961 : 30 April Geskiedenis Spoor Vandag : Republikein


30 April
1961
Adv. C.R. Swart se laaste dag as Goewerneur-generaal van SA


Die onafhanklikheid strewe van die Nasionale Party was van die begin af in sy grondwet ingeskryf, en in 1934 is die betrokke art. 4 verander toe vir die eerste keer daarin bepaal is dat onafhanklikheid in ‘n republikeinse staatsvorm verkry moet word. Die hoof van so ‘n staat sou President heet, maar tot met republiekwording was die staatshoof nog die Goewerneur-generaal. Adv. C.R. Swart, lank leier van die Nasionale Party in die Vrystaat en sy lewe lank vurige republikein, het op 12 Januarie 1960 die laaste Goewerneur-generaal van SA geword, ‘n pos wat hy op hierdie datum neergelê het, hangende sy verkiesing tot die eerste Staatspresident van die Republiek van Suid-Afrika op 31 Mei 1961. J.J.v.R

No comments: