2008/05/18

1938 : Mei 18 Geskiedenis Spoor Vandag : Volks Ideale


Mei 18
1938
Algemene Verkiesing

Die Algemene verkiesing van 1938 op hierdie dag het om beginsels gegaan. In 1933 nog was ekonomiese omstandighede deurslaggewend. Daarna in 1934 het Hertzog eb Smuts, as leier van die Nasionale Party en die Suid-Afrikaanse Party onderskeidelik, polities saamgesmelt. Dr. Malan het as getroue Afrikaner eenkant gestaan. Vir hom was dit belangriker om volks ideale te handhaaf as om ‘n verkiesing te wen. Dr. Malan wou naamlik propaganda vir ‘n republiek maak, die land van Brittanje en die Britse Ryk afskei soos die Afrikaanse volk dit begeer het, en hy wou, in geval van ‘n Europese oorlog, neutraal staan. Die Arbeidersparty het drie setels op hierdie stemdag verower, die Britsgesinde Dominion Party agt, die Nasionale Party 111. Hertzog het dus premier gebly, Smuts was sy adjunk en dr. Malan Leier van die Opposisie. Maar die Eeu feesjaar het ‘n besielende oplewing van Afrikanernasionalisme na vore laat kom. Die Afrikaner was weliswaar ekonomies swak en polities verslaan, maar kultureel trots. Presies hieruit het ook in Mei 1948 politieke triomf vir dr. Malan gevolg. Immers, toe Hertzog in September 1939 deur Smuts van sy premiers toga beroof is deur Suid-Afrika met Engeland in ‘n wêreldoorlog te dompel, het juis dr. Malan vir Hertzog as Afrikaner patriarg en volksleier en taalgenoot terugverwelkom. Hieruit is, sonder Hertzog, die Afrikanerparty in 1941 gebore. Malan self het met sy Herenigde Nasionale Party of Volksparty die Afrikanermens polities, kultureel, ekonomies en Christelik-nasionaal gehuisves. Hieruit is ook die politieke roem van Mei 1948 gebore, want ‘n getroue volk is magtiger as enige politieke party. Aka fak M.J.S

No comments: