2008/05/15

1909 : Mei 15 Geskiedenis Spoor Vandag : Afrikanerboere


Mei 15
1909
Sentraal-Westelike Koöperatiewe Maatskappy Beperk gestig


Op 15 Mei 1909 het 45 boere op Klerksdorp “De Centraal Westelike Co-operatiewe Landbouw Vereniging” gestig met die doel om lede se graan te hanteer, en dit het sedertdien van krag tot krag gegroei, sodat Sentraal-Westelike Koöperatiewe Maatskappy Beperk vandag nie alleen die grootste landboukoöperasie in die Republiek is nie, maar ook die tweede grootste ter wêreld. Vandag dien hierdie koöperasie met meer as 13 6000 lede as getuienis van die ideale wat ‘n handjievol Afrikanerboere aan die begin van hierdie eeu geïnspireer het om gesamentlike bemarking van hulle produkte te onderneem. Sentraal-Wes, soos die koöperasie algemeen bekend staan, het vandag ‘n wye reeks van aktiwiteite en spog met 42 silo’s, 72 depots, 39 plaasgereedskap winkels, 27 werkwinkels, 11 meulens, twee oliepers fabrieke, ‘n veevoer fabriek en ‘n saalfabriek. H.A.S

No comments: