2008/05/01

1908 : 27 April Geskiedenis Spoor Vandag : Jeugverhale

27 April
1908
Jac. J. Brits gebore


Johannes Jacobus Brits het hom aanvanklik op skryfwerk van ‘n ernstige aard toegelê. Hy pak egter ontspanningslektuur aan toe hy die tekort daaraan in Afrikaanse besef. Sommige van sy boeke is aan skole en universiteite voorgeskryf. Hy behaal egter veral sukses met jeugverhale. Hy is in die distrik Bloemhof gebore, matrikuleer op Reddersburg en studeer aan die GUK. Hy boer ‘n ruk voor hy staatsamptenaar word. In 1947 begin hy by Unisa werk en word mettertyd hoofraadgewer in die Departement Studentesake. Sedert 1946 is hy lid van die hoofbestuur van die Afrikaanse Skrywerskring en ook jare lank voorsitter. Onder sy talle boeke is daar Agter die rant (1948), Die gesin Serfontein (1962), As broers saamwoon (1964) en Dokter Gerhard (1965) aka fak H.J.E.

No comments: