2008/05/01

1918 : 27 April Geskiedenis Spoor Vandag : J.B.M. Hertzog


27 April
1918
Adres van waardering aan genl. J.B.M. Hertzog toegeken


Onder hierdie datum is ‘n adres van waardering aan genl. Hertzog gerig. Dit is deur C.J. Langenhoven as voorsitter van die distriksbestuur, Oudtshoorn van die Nasionale Party onderteken. Daarin word Hertzog hartlik welkom geheet op die dorp en word hy as politieke leier, taalstryder en getroue burger besing. Hy word aangemoedig om te bly veg sodat die Afrikanersaak verder bevorder kan word, sodat Suid-Afrika daarby kan baat vind, sodat die land van die Europese roeringe ietwat los gemaak kan word, sodat kleur probleme opgelos kan word en sodat die Afrikaner sy ekonomiese agterstand kan afskud. In Afrikanergeledere is die oorhandiging van adresse ‘n besondere manier van erkenning. Dit getuig van agting en vertroue. Dit is ‘n wyse waarop ‘n volk sy standpunt en behoefte of vrees openbaar maak. Dit is waardevolle eietydse dokumente. Dit openbaar taalkundige fasette, en plaaslike gesteld hede op vele terreine. Meer keer dui dit ook op ‘n bepaalde kunssinnige beskouing – vorm, kleure, aard van die papier, lettertipes, ensomeer. Op die koop toe dien adresse ten opsigte van ‘n verskeidenheid aangeleenthede as belangrike historiese bronne. Aka fak M.J.S.

No comments: