2008/05/17

1900 : Mei 17 Geskiedenis Spoor Vandag : Britse versterkingsmag


Mei 17
1900
Mafeking ontset


Met die uitbreek van die Engelse Oorlog was daar reeds ‘n klein Britse mag onder kol. R.S. Baden-Powell op Mafeking. Die Transvaalse kommando’s wat aan die wesfront sou opereer, het onder bevel van genl. P.A. Cronje gestaan. Hoewel dit vir Cronje betreklik maklik sou gewees het om die klein Britse mag op Mafeking met ‘n stormaanval te verower, het hy besluit om die dorp te beleër. Dit was geen wyse besluit nie, want daardeur het ‘n groot aantal burgers op nuttelose wyse rondom Mafeking gelê, terwyl Baden-Powell vasbeslote was om nie te kapituleer nie. Teen die einde van November 1899 het Cronje met ‘n groot aantal burgers na Modderrivier vertrek en die beleg van Mafeking aan genl. J.P. Snyman oorgelaat. Die eerste aanval op die dorp het eers in April 1900 onder aanvoering van vk. Sarel Eloff plaasgevind, maar was onsuksesvol. Op hierdie dag is die beleg opgehef omdat ‘n Britse versterkingsmag uit die suide opgedaag het. Vir Brittanje was dit ‘n morele oorwinning. Aka fak C.M.B

No comments: