2008/05/17

1898 : Mei 17 Geskiedenis Spoor Vandag : Afrikaanse taal en kultuur


Mei 17
1898
Dr. F.C.L. Bosman gebore


Frederik Christiaan Ludolph Bosman is op Kuilsrivier, Kaapprovinsie, gebore. Hy studeer aan die Universiteit van Kaapstad en Amsterdam en promoveer in 1928 met sy proefskrif Drama en toneel in SA, 1652 – 1855, Deel I. Hy was altyd bedrywig met die bevordering van die Afrikaanse taal en kultuur. Hy is lid en ook stigterslid van talle Afrikaanse kultuurverenigings, lid van verskillende museumrade en Akademie komitees; van 1948 tot 1958 was hy sekretaris van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns, en van 1959 tot 1963 bestuurslid van die SA Musiekraad. Eers was hy van 1928 tot 1947 lektor in Nederlands-Afrikaans aan die Universiteit van Kaapstad. Hy het veral die toneel, beeldende kunste en musiek in Suid-Afrika bevorder. Hy toon baie belangstelling vir die bevordering van nouere kulturele betrekkinge tussen Suid-Afrika en Nederland, was meermale op amptelike besoeke aan Nederland en is lid van Nederlandse verenigings. Talle artikels in koerante, tydskrifte en ander publikasies oor die Afrikaanse letterkunde, toneel, kultuur, ens., het uit sy pen verskyn. In 1979 het hy die halfeeukongres van die FAK, waarvan hy ‘n stigterslid was, bygewoon. By die geleentheid is ‘n kunsleergebonde eksemplaar van die FAK-gedenkboek, vyftig jaar volksdiens, aan hom oorhandig. Aka fak P.G.N

No comments: