2008/05/14

1900 : Mei 14 Geskiedenis Spoor Vandag : Verengelsingsbeleid en imperialisme


Mei 14
1900
Prof. J. du P. Scholtz gebore


Johannes du Plessis Scholtz, bekende taalkundige is in die distrik Hottentots-Holland gebore. Hy studeer in Stellenbosch, Amsterdam en Utrecht, waar hy in 1939 promoveer. Onder Afrikaanse taalkundiges sal hy altyd ‘n besondere plek beklee deur sy hoogstaande publikasies, wat almal berus op indringende en uitvoerige bestudering van bronne van ouer Afrikaans. Hy beskrywe veral die verandering in die 18de en 19de eeu in woordeskat, klanke ‘n morfologie waardeur Nederlands tot Afrikaans verander het. Sy werke is van onskatbare waarde by ‘n studie van die ontwikkeling van die Afrikaanse taal. Hy het ‘n leidend rol gespeel in die Van Riebeeck vereniging en die monumentesorg. Hy stel baie belang in die beeldende kunste, soos gesien kan word in sy versameling moderne skilderye. Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns het in 1974 die Stalsprys vir kunsgeskiedenis aan hom toegeken. Werke uit sy pen is onder meer: Die Afrikaner en sy Taal (1939), Nederlandse invloed op die Afrikaanse woordeskat (1939), Taal historiese Opstelle (1963), Afrikaans uit die vroeë tyd (1965), D.C. Boonzaaier en Pieter Wenning (1973). Die Afrikaner en sy Taal word nog beskou as die voortreflikste werk oor die wordingsgeskiedenis van die Afrikaner van 1652 tot 1875 ten opsigte van sy ontwikkeling op taal-, identiteits- en kultuurgebied. Die verengelsingsbeleid en imperialisme van Brittanje word fel belig in die werk. Aka fak P.G.N.

No comments: