2008/05/14

1965 : Mei 14 Geskiedenis Spoor Vandag : Die Volksblad

Mei 14
1965
Kootjie van den Heever oorlede


Abraham Jacobus van den Heever, jonger broer van C.M. van den Heever, is op 16 November 1906 op Poortjie, Trompsburg, gebore. Hy matrikuleer op Reddersburg, en nadat hy ‘n paar jaar onderwys gegee het, studeer hy aan die GUK, waarna hy as joernalis by Die Volksblad en Die Suiderstem werk. Hy is ‘n tyd lank lektor by die Witwatersrandse Universiteit en voordat ‘n sonderlinge siekte hom plattrek, redakteur van die Boerdery-Jaarblad. In 1936 verskyn Vlugtige Skaduwees, sy eerste bundel verhale. Sy een werk is die Kleurling verhaal Wraak en Danie se Droom (1940). Laasgenoemde vergestalt die emosionele lewe van ‘n plaasseun. Skagte (1942) gee ‘n beeld van die mywerkerslewe in Johannesburg. Hy het baie geskryf; enkele van sy ander werke is: Merke van die dae (1940) Vreemde Vertes (1941), Gebroke Lig (1942), Wie ‘n ander jaag (1942), Brakgrond (1943), Geslote Lewens (1945), Die waters wat roep (1948) aka fak N.J.S

No comments: