2008/05/01

1896 : 28 April Geskiedenis Spoor Vandag : Vrystaatse Volkslied


28 April
1896
W.E.G. Nicolaï oorlede


Willem Frederik Gerard Nicolaï is die komponis van die Vrystaatse Volkslied. Hy was direkteur van die Musiekkonservatorium in Den Haag en ‘n bekende komponis in Nederland. Die lied is op 24 Februarie 1866 die eerste keer in Bloemfontein gesing en die volgende dag deur die Volksraad tot amptelike Volkslied verklaar. In 1879 het Nikolaï ter ere van die 25-jarige bestaan van die OVS ‘n Nasionale Feestarsch gekomponeer waarin hy die melodie van die Volkslied ook gebruik het. Nicolaï is op 20 November 1829 gebore en het nooit Suid-Afrika besoek nie. Die ontstaan van die Vrystaatse Volkslied is aan Hendrik Antonie Lodewyk Hamelberg te danke. Adv. Hamelberg is in Nederland gebore en opgelei en het hom in 1856 in die Vrystaat gevestig, waar hy ‘n belangrike rol in die administrasie en die politiek van die Republiek gespeel het. Nadat hy in 1871 na Nederland teruggekeer het, het hy as konsul-generaal van die OVS diens gedoen. Hy het die woorde van die Volkslied tydens die Tweede Basoetoe-Oorlog geskryf en Nicolaï oorgehaal om dit te toonset. Aka fak A.C.H

No comments: