2008/05/01

1945 : 28 April Geskiedenis Spoor Vandag : Protes teen beperking van Afrikaans as taalmedium vir onderrig


28 April
1945
Die CNO-Bewaarskool word in Pietermaritzburg geopen


Die beperking op moedertaalonderrig het groot ontevredenheid onder die Afrikaners van Natal ontketen. Uit protes teen hierdie beperking van Afrikaans as taalmedium vir onderrig, is daar op 7 Februarie 1944 in die stadsaal van Pietermaritzburg onder luide applous eenparig besluit om ‘n eie CNO-Bewaarskool in die stad te stig. Kragte is gekoördineer, en die Nasionale Instituut vir Onderwys en Opvoeding van die FAK het in samewerking met die Natalse Aksiekomitee besluit om oor te gaan tot die aankoop van ‘n geskikte perseel in Pietermaritzburg waar die CNO-Bewaarskool opgerig sou word. Daar is daadwerklik oorgegaan tot die insameling van geld, en die nodige bedrag is spoedig ingesamel. ‘n Gebou is vir die bedrag van £5 500 aangekoop, en op 28 April 1945 is die CNO-Voortrekker-Bewaarskool amptelik deur prof. J.C. van Rooy en dr. E. Greyling geopen. O.G

No comments: