2008/05/01

1889 : 28 April Geskiedenis Spoor Vandag : Ossewa-trek van 1938


28 April
1889
Hendrika (Rikie) Postma gebore


Sy was die oudste kind van Stephanus Postma en Johanna Slijkhuis. Sy erf haar kunssin van albei haar ouers en ontvang haar skoolonderrig op Burgersdorp en Middelburg (Kaap). Nadat sy in die eksamen vir kwekeling onderwyseresse geslaag het, gee sy ‘n kort rukkie onderwys. Koorssiekte dwing haar om dit te laat vaar, en sy sit haar studie tuis voort. Van Mei tot November 1937 besoek sy as reisgesellin van prof. J.D. du Toit en sy eggenote die Heilige Land. Sy toon ‘n lewendige belangstelling in die Ossewa-trek van 1938. Sy het die voorstel gedoen dat die waens na Voortrekker heldinne genoem word, dat die spore van die osse en van die wawiele by die fees terreine in sement afdrukke vasgelê word, en dat op die dorpe langs die trekpad gemesselde klipstapels met brons plaatjies opgerig word. Dit was haar begeerte as skryfster om kinders bewus te maak van die skoonheid van die Bybel, soos gesien kan word in Lig uit die Ooste. Sy vertel van oudhede in Kaapstad in Ou dae en dinge en skryf ook drie toneelstukkies en onder meer ‘n kinderverhaal, Elsie, die veldkindjie, waarin sy daarin slaag om die kinderverbeelding aan te gryp. ‘n Aantal hoorspele en talle populêre artikels in dagblaaie en tydskrifte het uit haar pen verskyn. Aka fak P.G.N

No comments: