2008/05/03

1894 : Mei 3 Geskiedenis Spoor Vandag : Universiteit in Amsterdam


Mei 3
1894
Prof. F.E.J. Malherbe gebore


Francois Ernst Johannes Malherbe is in die distrik Paarl gebore. Hy het grootgeword in die omgewing van waar die Genootskap van Regte Afrikaners – waarvan die stigterslede van vaders sowel as van moederskant naverwant was – die grootste gedeelte van hulle werksaamhede van stapel laat loop het. Hy het sy opleiding aan die Hoër Jongenskool in die Paarl en aan die Universiteit van Stellenbosch ontvang. Na ‘n vyfjarige studie in Amsterdam, Nederland, in die Germaanse Filologie, Nederlandse Taal- en Letterkunde en Kunsgeskiedenis, het hy in 1924 aan die Stedelike Universiteit in Amsterdam die doktorsgraad behaal. Van 1924 tot 1929 was hy dosent en van 1930 tot sy emeritaat in 1959 professor in Afrikaanse en Nederlandse letterkunde aan die Universiteit van Stellenbosch. As inspirerende dosent, geesdriftige essayis en gesaghebbende literêre kritikus, het hy ‘n diepgaande invloed op sy studente en op jong skrywers, veral in die dertigerjare, gehad. Hy is op 5 Julie 1979 oorlede. J.E.L

No comments: