2008/05/03

1896 : Mei 3 Geskiedenis Spoor Vandag : UNISA se eerste Afrikaanse musiek eksaminator


Mei 3
1896
P.J. Lemmer gebore


Petrus Johannes Lemmer is op Hartbeesfontein in Transvaal gebore. Hy ontvang sy musiekonderrig o.m. by P.K. de Villiers in Bloemfontein en aan die Royal Academy, Londen. Hy het baie musiek betrekkings met onderskeiding beklee (o.m. as dosent aan die Onderwyserskolleges van Bloemfontein en Wellington en as Direkteur van Musiek by Voortrekkerhoogte), maar sy blywende invloed as pedagoog was tussen 1940 en 1955 toe hy (as Musiek inspekteur van skole) ‘n musiek tradisie in die Vrystaat geskep het wat groot vrugte afgewerp het. Van sy byna 200 komposisies vir solostem, koor, klavier en simfonieorkes is sy kunslied, Kokkewiet, sy koorwerke (o.m. Bergrivier) en sy talle kinder liedere die gewildste. Hy was UNISA se eerste Afrikaanse musiek eksaminator (1932), was verantwoordelik vir die eerste aanbieding van Hansie en Grietjie in Afrikaans. Sy hele lewe lank was hy in aanvraag as koordirigent en kunswedstryd-beoordelaar en is in 1949 tot Fakulteitslid van die SA Akademie gekies. Aka fak D.I.C.d.V.


KOKKEWIET
Woorde: S.J.M. OSBORNE
Musiek: P.J. LEMMER
Het jy gehoor by die voor
hoe die kokkewiet fluit,
En die wêreld bekoor
met sy heerlik geluid?
Dis kokkewiet! Kokkewiet!
Dan eers weer rus,
Heen en weer op ‘n takkie gesus.
En hy luister en wag
op sy maatjie se koer,
en hy luister en wag
op sy maatjie se koer:
Wiet-wiet-woer! Wiet-wiet-woer!
Daar in die boom by die stroom;
hoor jy hom? Hoor jy hom?
Borsie van goud, lentes herout;
luister hoe fluit hy dit glorieryk uit!
Stilte, en luister hoe bly dat hy fluit:
Lente kom! Lente kom!

No comments: