2008/05/02

1875 : 29 April Geskiedenis Spoor Vandag : Verkryging van Grondgebied in Angola beëindig die Dorslandtrek


29 April
1875
Begin van die Dorslandtrek


Teen die tyd het ‘n aantal Transvaalse Boere begin om Transvaal te verlaat o p soek na ‘n beter tuiste iewers in die onbekende binneland. Die eerste trekgroep het onder leiding van Gert Alberts gestaan en was deeglik georganiseer. Die elf families wat die voortou geneem het en wat later as ‘n rampspoedige onderneming sou blyk, het daarin geslaag om met redelike sukses tot by die Ngamimeer te trek. Dit was egter die groep wat hierna onder leiding van Jan Greyling en Louw du Plessis langs die Krokodilrivier versamel het, wat die grootste teëspoed sou ervaar. Na veel oponthoud het 480 blankes en ‘n aantal bediendes met 128 waens en 1 058 trekosse in April 1877 die Kalahari aangedurf. Van die begin was daar al onderlinge tweespalt. Boonop was die trek geheel en al te groot vir ‘n roete waar water uiters skaars was. Op plekke moes die water lepelsgewys uitgedeel word, of modder deur handdoeke en hemde gedruk word vir vogtigheid. Die meeste van die vee is in die proses verloor en 37 mense het die eerste twee maande hul lewens gelaat. Vele sou nog later sterf. ‘n Derde, dog kleiner trek het kort hierna die Kalahari veilig deurgedring. Maar die Trek as sodanig is eers grootliks beëindig toe grondgebied teen 1881 in Angola van die Portugese owerheid verkry is. aka fak J.L.H

No comments: