2008/05/02

1868 : 29 April Geskiedenis Spoor Vandag : Hoogverraad


29 April
1868
Regter F.E.T. Krause gebore


Frederick Edward Traugott Krause gebore Bloemfonteiner, bekwaam hom in die regte in Amsterdam en Engeland, word daarna aanklaer in die ZAR. Met die uitbreek van die Engelse Oorlog word hy as kommandant van die Rand aangestel en verhoed dat die goudmyne opgeblaas word. Hy vertrek om gesondheidsredes na Engeland, maar word van hoogverraad aangekla en 2 jaar tronkstraf opgelê. Hy keer terug en bou ‘n florerende praktyk in Johannesburg op en word ook in die Stadsraad en die Wetgewende Vergadering verkies. In 1915 verdedig hy genl. De Wet tydens sy rebellie-verhoor en ook die stakers in 1922. Hy tree in 1923 tot die Transvaalse regbank toe en vanaf 1933 tot en met sy aftrede in 1938 is hy Regterpresident van die Vrystaatse regbank. Hy is op 23 Augustus 1959 oorlede. aka fak M.C.E.v.S.

No comments: