2008/05/02

1961 : 29 April Geskiedenis Spoor Vandag : Wonder van Afrikaans


29 April
1961
Doodkry is min – bekend gestel


Na die FAK se reeks Wonder van Afrikaans-feestelikhede in 1959 het hy sy rolprent oor Afrikaans, Doodkry is min, bekend gestel by ‘n premiere op 19 April 1961 by die Amfiteater van die Voortrekkermonument in Pretoria, waar 40 000 mense – die grootste rolprent gehoor nog ooit in Suid-Afrika – saamgetrek was. In daardie jaar is die rolprent by haas elke inrybioskoop in die land vertoon en is dit na raming deur ruim ‘n miljoen mense gesien. Daarna is dit nog ongeveer 600 keer vertoon, ook in ander lande in Afrika en Europa, wat die kykertal tot in 1978 op minstens twee miljoen te staan gebring het. Doodkry is min gee ‘n historiese uitbeelding van die ontstaan, die ontwikkeling en stryd om voortbestaan van die Afrikaanse taal seder die volksplanting in 1652. FAK

No comments: