2008/04/01

1915 : 1 April Geskiedenis Spore van : Catharina Felicia van Rees

1915
C.F. van Rees oorlede

Catharina Felicia van Rees is op 22 Augustus 1831 op Zutphen gebore. Omstreeks 1855 was sy lid van ‘n kring musiserende jong mense van Utrecht, waarnatoe ook die Kaapse teologiese student Thomas Francois Burgers destyds behoort het. Hul liefde vir musiek het tot ‘n lewenslange vriendskap gelei. Sy was nie net ‘n begaafde komponiste nie, maar ook die outeur van ;n groot aantal artikels en boeke. Haar bekendste werk as komponiste is De Transvaalsche Volkslied, in 1875 in Bonn geskrywe en getoonset op versoek van Staatspresident Burgers. Op 14 Oktober het sy die volkslied aan hom oorhandig, waarna dit op 7 Januarie 1876 op Arnhem in die openbaar gespeel en later in dieselfde jaar deur die Transvaalse Volksraad as Volkslied aanvaar is. Van toe af het dit naas die Vierkleur – ‘n besondere plek in die lewe van die Boerevolk verower en ook in Westerse lande bekendheid verwerf, soms in vertaalde vorm. Aka fak H.M.R.