2008/04/01

1882 : 1 April Geskiedenis Spore van : Republiek Land Goosen

1882
Republiek Land Go(o)sen


Die bepalings van die Konvensie van Pretoria van Augustus 1881 het ‘n deel van die Keategrond van Transvaal weggesny. Hier het toe oor ‘n kort tydperk ernstige moeilikheid tussen talle inboorling leiers ontstaan wat elkeen op kapteinskap en gebied aanspraak gemaak het. Op die koop toe het Brittanje die fout gemaak om vir byvoorbeeld Mankoroane as hoof van die Batlapin en vir Montsioa as hoof van die Barolong buite hulle eintlike gebiede te erken. Oor en weer het die Swartes toe hulp gesoek om hulle eie standpunt met geweld te help seëvier. Die ondersteuners van Moshete, meesal jong Transvaalse burgers, het spoedig sukses behaal en onder N.C. Gey van Pittius die Republiek Land Gosen gestig. Later het Paul Kruger die staat by Transvaal probeer inlyf, maar Kaapland het opdrag gekry om die streek vir Brittanje te bekom. Kruger het self na Gosen gegaan en sy mense verbied om weer van “Engelse skiet” te praat. Oorlog het werklik gedreig, maar Kruger en Rhodes, wat by Veertien Strome onderhandel het, het onluste verhoed. In Maart 1885 het die Britte ‘n protektoraat oor hierdie gebied afgekondig. Vir Kruger was die hele verloop ‘n verleentheid en ‘n neerlaag. Aka fak M.J.S.